1 Mei 2026
Welkom by ons nuwe webwerf
Ons is opgewonde om ons nuwe webwerf bekend te stel — 'n nuwe digitale tuiste vir die GK Wesrand-gemeente.
Deur Kerkraad GK Wesrand
Ons is dankbaar om ons nuwe webwerf met julle te kan deel! Die doel van hierdie webwerf is om dit makliker te maak vir besoekers om meer oor ons gemeente uit te vind, en vir lidmate om op hoogte te bly van wat in die gemeente aangaan.
Wat sal jy hier kry?
- ‘n Oorsig van wie ons is — wat ons glo en bely, ons geskiedenis, en die GKSA waar ons by ingeskakel is.
- Praktiese inligting — diensure, jaarprogram, lidmaatskap-inligting en handige skakels.
- Nuusbriewe — gereelde berigte oor wat in die gemeente aangaan.
- Kontakvorm — ‘n maklike manier om met die kerkraad in verbinding te tree.
Hoe kan jy help?
Indien jy foute opmerk, voorstelle het, of inhoud wil bydra (veral foto’s of dokumente uit die gemeente se geskiedenis), stuur asseblief vir ons ‘n boodskap deur die kontakbladsy.
Soli Deo Gloria.
aankondiging gemeente